top of page
thumbtack-pushpin-2-hi.png

Swemskool

Snipper-Snip Privaatskool bied 'n binnenshuise swembad aan, en swemlesse word aangebied en is beskikbaar vir kinders en volwassenes van alle ouderdomme. As ouer is dit vir ons / u belangrik om te verseker dat daar aan al u kind se behoeftes voldoen word deur hom of haar al die opvoedings- en lewensvaardighede te gee wat hulle nodig het.

​

Gekwalifiseerde sweminstrukteurs leer die kinders waterveiligheid sowel as die verskillende swemstyle in die swembad van 10 meter.

​

Psigiaters en fisioterapeute het vasgestel dat om te leer swem alreeds van kleins af baie belangrik is. Dit bou al die belangrike spiergroepe en soepelheid by beide seuns en meisies. Swem het n lae impak op die liggaam en dra by tot die psige van die kind. Dit leer kinders ook om nie die water te vrees nie.

​

swem1.jpg
swem3.jpg
thumbtack-pushpin-2-hi.png

Die eienaar, Carla, sê:

Dit is vir elke ouer belangrik om te sorg dat al u kind se behoeftes bevredig word deur aan hom of haar die nodige opvoeding te gee. Deur met hul vriende te speel en om pret te hê, is dit 'n noodsaaklikheid vir die sosiale ontwikkeling van enige kind. Spaar u kind die verleentheid om langs die swembad te sit of eenkant toe gestoot te word omdat hulle nie in die water kan swem, speel en pret hê nie. Swem fobies kan voorkom word deur 'n kind te leer om water met pret, hul gesin en avontuur te assosieer. Suid-Afrika is 'n warm, sonnige land en ons het baie wonderlike vakansieplekke waar dit noodsaaklik is dat u kleintjie veilig in die water moet wees. So... kom ons Swem, Swem, Swem.”

​

bottom of page