top of page
thumbtack-pushpin-2-hi.png

Meer Oor Ons

Ons is ‘n dubbele medium kleuterskool met Christelike waardes, ons bied gehalte-onderrig vir babas tot en met Graad R, gefokus op persoonlike aandag.


Ons daaglikse program sluit in aktiwiteite soos temas met algemene inligting, stories en besprekings, vroeë wiskundige konsepte, kreatiewe aktiwiteite, motoriese vaardighede en aktiwiteite, speeltyd en sosiale kommunikasie en interaksie.

Buitemuurse aktiwiteite by die Snipper-Snip Privaat Skool sluit in: Swemless, Rugby, Dans, Skaak, Playball,   Pottebakkery, Musiek en Engelse klasse.
Ons doel is om die leerders voor te berei vir die wonderlike volgende fase in hul lewens by enige Laerskool en hul te lei om hulle volle potensiaal te bereik.

 

love.jpg
slim_kinders2.jpg

Wat Maak Ons Uniek?

Die kleinspan se vormingsjare is essentiale jare waartydens kinders die meeste ontwikkel en soos sponsies inligting absorbeer deur middel van herhaling. Deur middel van gerigte onderwys wat ons aanbied presteer hul op hul beste in die volgende noodsaaklike areas: Fisies, Intelektueel, Emotioneel, Taal, Sensories en Sosiaal. Ons laat hul egter toe om te ontwikkel teen hul eie tempo, terwyl hul die wonderlike wêreld rondom hulle ontdek, geniet en heerlik speel.


By Snipper-Snip glo ons dat die beste resultate gelewer word wanneer kinders deur middel van gestruktureerde lesse speel-speel leer. Hou hul geintereseerd, bemoedig hulle en help elkeen om teen hul eie pas te vorder.

thumbtack-pushpin-2-hi.png
bottom of page