Ons is ‘n dubbele medium kleuterskool met Christelike waardes, ons bied gehalte-onderrig vir babas tot en met Graad R, gefokus op persoonlike aandag.
​
Buitemuurse aktiwiteite by die Snipper-Snip Private Skool sluit in: Ruggakids, dans, Playball,swemlesse, pottebakkery, musiek en Engelse klasse.
Elke juffrou by Snipper-Snip het n ware passie vir onderrig! Dit is n voorreg om as onderwyseres n groot rol in jul kleingoed se lewens te kan speel.
Inskrywings vir Januarie 2023 is nou oop.